• Alternatiewe vir die huwelik in die huidige permissiewe maatskappy?

      A. C. Barnard (AOSIS, 1980-08-01)
      Die wereld het op elke terrein onherkenbaar verander Die mens se kennis en vermoe op elke terrein van die lewe, het onvoorstelbaar toegeneem. Hy kom in 'n posisie dat hy meen hy weet alles, kan alles deurvors en alles doen. Daarmee het die magtige mens in die sentrum van alles te staan gekom.
    • Salom - die Ou-Testamentiese �vrede� - beskouing en die christen

      W. Vosloo (AOSIS, 1980-08-01)
      Reeds 2 500 jaar gelede was "vrede" 'n slagspreuk van welmenende maar verkeerd ingeligte mense. Aangaande hierdie valse hoop en eensydige verkondiging s� die profeet van ouds: "En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te s�: 'Vrede, vrede' - terwyl daar geen vrede is nie" (Jer 6:14).
    • 'n Kritiese kyk na die noutetiese beraad van Jay E. Adams

      A. J. Smuts (AOSIS, 1980-08-01)
      Op die terrein van die pastorale sorg is Jay Adams 'n kontroversi�le figuur. Hy is 'n vrugbare skrywer wie se geskrifte by hul duisende verkoop word. Sy benadering het veral aanklank gevind by behoudende, skrifgetroue predikante, aangesien hy ou Gereformeerde waarhede in die taal van vandag oordra en standpunt inneem teen invloedryke rigtinge van ons tyd.
    • Teologie en belydenis

      F. J. Botha (AOSIS, 1980-08-01)
      Aanleiding tot wat ek gaan s�, was �n vraag wat �n finale jaar student teen die einde van verlede jaar gevra het: "Voel julle nie gebonde in die beoefening van die teologie deur die belydenis nie, teenoor UNISA wat vry is?" Die vraag het geimpliseer dat ons nie vrymoedig ons oortuiging kan uitspreek nie, uit vrees dat ons met die belydenis in stryd sou kom. As die belydenis egter 'n mens se persoonlike oortuiging is, staan die saak natuurlik anders. Dan weet jy dat wat jy s�, nie net jou mening is nie, maar ook die van die kerk.
    • Die ontsluiting van die struktuur van 3 Johannes met die oog op verdere eksegese

      J. A. du Rand (AOSIS, 1980-08-01)
      Die geskrif 3 Johannes hoort tot die briefgenre. Dit is �n geleentheidsgeskrif, beoordeel volgens die kriteria van die tipiese antieke brief. Sy samestelling is volgens sy briefvorm. Wat die stylvorm en aanbieding betref, moet in die strukturering daarmee rekening gehou word dat 3 Johannes deur 'n individu (<em>ho presbuteros</em>) aan �n individu (<em>Gajus</em>) geskryf is (vgl. vers 1).
    • Redaksioneel

      Editorial Office (AOSIS, 1980-08-01)
    • A collection of Book Reviews for Volume 1, Number 1

      Editorial Office (AOSIS, 1980-08-01)
    • Ekumeniese belydenisskrifte

      C. F. A. Borchardt (AOSIS, 1980-08-01)
      In die voorlopige proefvertaling van die belydenisskrifte word verwys na die "ekumeniese belydenisskrifte". Daarmee word bedoel die Apostoliese geloofsbelydenis, die geloofsbelydenis van Nicea en die belydenis van die Atanasius. Die woord "ekumenies" beteken "die hele bewoonde w�reld, algemeen, universeel" en as voorbeeld word aangegee die "ekumeniese belydenisskrifte, simbole" wat dui op "belydenisse van die vroe� Christelike Kerk, wat deur alle Christelike Kerke erken word". Met verwysing na die drie ou belydenisse van die vroe� Christelike kerk verklaar Schaff: "they are the common property of all churches". Ons wil kortliks hierdie saak ondersoek.
    • Dogma, kerugma en geskiedenis - enkele voorlopige gesigspunte in verband met hulle onderlinge verhoudinge

      C. J. Wethmar (AOSIS, 1981-08-01)
      Die term dogma het in die algemene spraakgebruik �n uiters negatiewe betekenis. Dit dui op 'n houding van bekrompenheid, onvryheid, onmondigheid, starheid en irrasionaliteit. Opvallend is egter dat dit nie alleen in die algemene spraakgebruik is dat die term dogma hierdie pejoratiewe betekenis het nie. Dit geld eweseer vir nuwere ontwikkelinge in sowel die Protestantse as Rooms-Katolieke teologie.
    • Die geboorte van 'n Nederduitse Gereformeerde Kerk in Botswana

      D. Crafford (AOSIS, 1981-08-01)
      In Mei 1877 het die sendingwerk van die Ned. Geref. Kerk in Botswana �n aanvang geneem toe Pieter Brink hom op Mochudi gaan vestig het as pioniersendeling. Hy het onder toesig van die Kaapse Kerk se Sendingkommissie gaan werk onder die Bakgotla-volk. Hulle het onder leiding van hulle hoofman Khomanyane uit die Saulspoort-gebied weggetrek en hulle in Botswana gaan vestig. Pieter Brink het hulle vanaf Saulspoort gevolg en die werk onder die Bakgotla-stam voortgesit. Na bietjie meer as 'n eeu, op 20 November 1979, is 'n afsonderlike "Dutch Reformed Church in Botswana" gekonstitueer. Hierdie jongste lid van die familie van Ned. Geref. Kerke in ons buurstaat Botswana het 'n interessante geskiedenis waarvan ons slegs enkele hoogtepunte wil uitlig.
    • Kerk en gemeenskap

      P. P. A. Kotz� (AOSIS, 1981-08-01)
      Die onderwerp: Kerk en gemeenskap, is die mees aktuele onderwerp van ons dag. Dit blyk uit die roeringe in ons eie kerkgeledere gedurende die afgelope tyd. Dit gee aanleiding tot heftige diskussie en tog is die pad daarvan nog nie stofgetrap nie, omdat, so lyk dit my, denkers doelbewus nie graag in mekaar se voetspore wil trap nie.
    • Redaksioneel

      Editorial Office (AOSIS, 1981-08-01)
    • Die dialogiese prinsipe

      J. J. de Klerk (AOSIS, 1981-08-01)
      Met die dialogiese prinsipe word daardie beginsel bedoel, waarin die tweerigtingverkeer of kommunikasie onder, of met, of deur die mense op 'n heel besondere gesprekmatige wyse gere�l word. Tot die wese van die dialogiese prinsipe behoort "als Grundvoraussetzung das Ernstnehmen des Gesprachspartners und das darin enthaltene zuhoren-konnen. Dialog ist also etwas anderes als Disput oder Diskussion. Er setzt gegenseitiges Vertrauen und Hochachtung voraus."
    • Vier tipes of modelle vir evangelisasie

      M. Nel (AOSIS, 1981-08-01)
      Evangelisasie word op meer as een manier bedryf. Die gevaar is nie denkbeeldig nie dat sekere metodes verabsoluteer word en dat �n gemeente byna vasval in een of twee maniere. Wat hier volg, is slegs 'n bekendstelling van vier moontlike wyses van evangelisasie sonder dat die modelle beoordeel word - lg. deels as gevolg van 'n gebrek aan ruimte.
    • A collection of Book Reviews for Volume 2, Number 2

      Editorial Office (AOSIS, 1981-08-01)
    • Liefde en situasie-etiek

      J. A. Heyns (AOSIS, 1981-09-01)
      Ons bedoeling is nie om 'n omvattende uiteensetting te gee van of indringende kritiek te lewer op die situasie-etiek in die algemeen nie. Ons wil hier bloot net, inleidend en kursories, die plek van die liefde en die funksie van die liefdeseis in die situasie-etiek van naderby bekyk. Oor die noodsaaklikheid van so 'n onderneming hoef nie gedebatteer te word nie. Wie met die literatuur vertroud is, sal weet hoe aktueel tipiese argumente vanuit die situasie-etiek-denke tans is.
    • A collection of Book Reviews for Volume 2, Number 1

      Editorial Office (AOSIS, 1981-09-01)
    • Verslag: Bywoning van buitelandse internasionale konferensies

      W. S. Prinsloo (AOSIS, 1981-09-01)
      Dit was my voorreg om in Augustus 1980 twee buitelandse internasionale konferensies oor die Ou Testament by te woon en ook �n voordrag te lewer. Hierdie is �n poging om die hoofmomente van die kongresse saam te vat en om dit wyer bekend te stel.
    • Die drie Afrikaanse Kerke - 'n kontempor�re uitdaging

      P. B. van der Watt (AOSIS, 1981-09-01)
      Vanaf die volksplanting in 1652 vir meer as tweehonderd jaar sou daar net ��n kerk onder die Hollands- en later die Afrikaanssprekende deel van die Suid-Afrikaanse bevoIking wees. Net na die helfte van die negentiende eeu verskyn daar egter 'n diversiteit op die Afrikaner se kerklike kaart: daar bestaan voortaan drie Afrikaanse kerke te wete, die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.
    • Strukturale teksanalise en die Suid-Afrikaanse Redevoeringsanalise � enkele opmerkings aan die hand van Van Iersel se analise van die Emmausverhaal

      A. B. du Toit (AOSIS, 1981-09-01)
      Die beoefening van redevoeringsanalise het ongemerk 'n nuwe fase binnegegaan. Die aanvanklike opgewondenheid oor hierdie belowende nuwe eksegetiese hulpmiddel het plek gemaak vir die wil om dit krities te evalueer, wetenskaplik beter te verantwoord en te beskryf en op 'n verantwoorde wyse te verfyn en uit te bou.