Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in ’n lewensvaardigheidsprogram
Contributor(s)
10180761 - Strydom, Hermanus13124463 - Simeon, Elzahne Jeronice
12222372 - Herbst, Alida Glaudina
Keywords
BehoeftesBemagtiging
Bemagtigingsprogram
Child and youth care centre
Empowerment
Empowerment programme
Gemengde metode navorsing
Kinder- en jeugsorgsentrum
Lewensvaardighede
Life skills
Mixed-methods research
Program
Programme
Psigososiale omstandighede
Psycho-social circumstances and needs
Sterkteperspektief
Straatkinders
Street children
Strengths perspective
Full record
Show full item recordOnline Access
http://hdl.handle.net/10394/27595https://journals.co.za/content/journal/10520/EJC-836d1235a
https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a5
Abstract
The phenomenon of street children has become a world-wide problem, which can be attributed to many causes that are experienced in the community at large, such as economic difficulties, joblessness and family discord. These children lose out on the privileges of a healthy family life and their basic needs are in general not fulfilled. This has a detrimental effect on street children’s development and often has serious psychosocial consequences, such as distrust in people, a lack of self-confidence and negative interpersonal relationships. Life on the street is characterised by various psychosocial challenges such as abuse, prostitution, substance abuse, gangsterism, crime and human rights violations. Children are often not capable of controlling these injustices against them and therefore they are dependent on other people to act on their behalf.Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings.
 Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn selfgestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word.
 Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig
Date
2018-06-18Type
ArticleIdentifier
oai:dspace.nwu.ac.za:10394/27595Simeon, E. et al. 2017. Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in ’n lewensvaardigheidsprogram. Tydskrif vir geesteswetenskappe, 57(2-2):562-580. [https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a5]
0041-4751
http://hdl.handle.net/10394/27595
https://journals.co.za/content/journal/10520/EJC-836d1235a
https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a5